Voetspore in Wellington!

Posted by on January 27, 2014 in Blog, Fund Raising, Gala Events | 0 comments

Voetspore in Wellington!

Besprekings en navrae:
Attie Fourie by 083 560 5745 / afourie@cybersmart.co.za

Johan Badenhorst is sinoniem met VOETSPORE. As jy ‘n avontuurlustige 4×4 entoesias is of lief is vir die buitelewe met al sy uitdagings dan moet jy 5 Maart 2014 nou dagboek want Wellington Lions bring Johan met sy kenmerkende storievertelstem na Wellington.

Voetspore besoek Wellington

Voetspore se Johan Badenhorst besoek Wellington op 5 Maart 2014. Moet dit nie misloop nie!

‘n Onvergeetlike aand word by Hugo Rust se skoolsaal belowe en daar word verskeie kamp en 4×4 toerusting uitgestal. Johan,die gasspreker, sal sy reisverhale met ons deel en sommer bietjie skouerskuur.

Bring jou 4×4 – of kamp vriende saam of hulle wat groot aanhangers van die Voetspore span is en hul avoture deur Afrika op SABC gevolg het.

Die Wellington tak van Lions is ‘ n diensorganisasie wat sy gemeenskap op vele terreine dien en om dit te vermag het ons fondse nodig. Kom ondersteun ons en dra direk by tot ‘n beter lewe vir diegene wat minder bevoorreg is.

Vir besprekings of navrae kontak Attie Fourie by 0835605745 of stuur n  e pos by afourie@cybersmart.co.za

My location
Get Directions

 

0 Comments

Trackbacks/Pingbacks

  1. Kom kuier saam met Johan Badenhorst en die Voetspore-span in Wellington by Laerskool Hugo Rust | Protea Boekhuis - […] Meer inligting: Wellington Lions Klub […]

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *