Droom vir Wellington

Posted by on September 4, 2012 in Blog, Community Projects, Our Friends and Sponsors | 0 comments

Droom vir Wellington

Wellington Lions ondersteun die Droom vir Wellington projek wat daarop gemik is om Wellingtonners te inspireer om by wyse van gemeenskapsprojekte ‘n bydrae te lewer om hul eie omgewing op te kikker en om organisasies wat dié doel in gemeen het, van mekaar bewus te maak.

‘n Projek kan so groot wees soos die stasie en die parkering rondom wat opgeknap word waarby verskeie rolspelers en organisasies betrokke kan wees of so klein soos twee bure wat saamstaan om ‘n sypaadjie netjies te maak. ‘n Projek kan ook herwinning behels of bv. die welsyn van diere.

Laai gerus hier Droom vir Wellington se tweede nuusbrief af en lees oor die projekte wat op die oomblik aan die gang is.

Vir meer inligting kontak:

Mattie stay@wellington-accommodation.com
Anthea anthea@ibits.co.za
Linda lindamul@telkomsa.net

Leave a Comment

Your email address will not be published.